Sunday, 2 June 2013

Die grootste oomblik in my lewe

Ek en duisende mense het vir die dag gewag waar een van die grootste musiek kunstenaars,Justin Bieber na Kaapstad toe gekom het.Toe ek opstaan het ek geglimlag.Ek het so gelukkig gevoel dat die dag waarvoor ek gewag het is uiteindelik hier.Ek het  net gedink aan die konsert vir maande en op die dag het ek die ure afgetel.Ek was so opgewonde om na die konsert toe te gaan.Toe ek en my vriende stadion toe gegaan het was dit baie vol.Die lyne by die ingang was verskriklik lank en dit was nog vroeg.Ek het so veel mense rondom my gesien ek het gedink ek sal verlore raak.Uiteindelik was dit my kans om in te stap.Ek het nie gewwet hoe om te voel nie,maar ek het onthou net dat een emosie wat uitgestaan het en dit was gelukkigheid.Die atmosfeer was ongelooflik.Daar was duisende mense reg om die stadion.Toe JB uitgestap het,het ons almal kliphard geskree.My keel was so seer,maar dit was die moeite werd.Ek het heel nag gedans en gesing.Ons het elke minuut geniet.Wanneer ek huistoe gegaan het was ek baie hartseer.Ek kon nie glo dat dit oor is nie.Dit het so gou gegaan.Ek wens dat ek daardie tyd oor kan leef.Dit was een van die grootste oomblike in my lewe.Justin Bieber sal altyd my gunsteling sanger wees.

2 comments:

  1. Ek het maar my bedenkinge oor dié mannetjie!

    ReplyDelete
  2. Let op die volgende:
    1. musiekkunstenaars is een woord
    2. "toe ek opstaan, het ek..." (komma)
    3. "...gewag het uiteindelik hier is.." (woordorde)
    4. Ek het vir maande net aan die konsert gedink...
    5. "gegaan het, was dit" (komma)
    6. "die rye", nie lyne nie
    7. heelnag een woord
    8. "Toe ek huis toe gaan" nie wanneer nie
    9. oomblikke met twee k's

    ReplyDelete