Friday, 21 June 2013

Refleksie

Toe ek hoor ons taak is om 'n blog te skep,was ek baie opgewonde,want dit was my eerste keer wat ek so iets vir Afrikaans moes doen.Ek was nie so seker oor my gevoelens nie omdat dit in afrikaans moes gedoen word en ek is nie so goed in my tweede taal nie.
Ek het baie keer daarvan vergeet en so het ek my blogs laat gedoen.Ek het ook probleme gehad met my internet wat enige af was en dit was nie so lekker vir my nie.Al was daar dinge wat ek nie van gehou het nie,was daar positiewe dinge wat ek hieruit kon leer.Dit het beslis gehelp toe Mev.Klopper kommentaar en verwys na al my voute.Ek het baie geleer van die taak en ek het dit geniet.
Dit was nie so maklik vir my nie want ek het niks geweet oor blogging nie en dit was moeilik vir my om mense te volg daarom het ek niemand gevolg nie:(
Ek was 'n bietjie teleurgesteld in myself want ek kon so veel beter in die taak gedoen het maar ek het nie vir hulp gevra nie en so het ek uitgeval of verloor geraak.
Ek het ook nie baie tyd met die taak gespandeer nie.Ek sou dit meer geniet het as ek net geweet het wat beslis om te doen maar ek is dankbaar dat dit gehelp met my afrikaans skrywing.

Monday, 17 June 2013

Hip-hop dans

Hip hop is 'n dans styl,gewoonlik gedans by hip hop-musiek,wat ontwikkel het uit die hip hop-kultuur.Baie mense voel dat hip hop dans nie so maklik is nie,maar ek dink dat dit glad nie so erg en moeilik is soos dit lyk nie.Ek gaan basiese stappe vir julle leer.

Eerste moet jy die regte musiek kies vir die tiepe dans.Dit moet 'n goeie ritme het wat jou laat voel soos jy nie 'n kese het om te dans nie.Die klere wat jy gaan in dans moet jou gemaklik laat voel so in simpel woorde moet dit los aan jou sit.Jy moet ook gemaklike skoene dra soos tekkies.As jy dit regkry is jy gereed om te skit.

Begin met die volgende:
Beweeg jou regebeen en dan jou linkerbeen lings en voorentoe.Maak jou arms oop voor jou soos jy dit doen.Bring dit weer in en klap jou hande twee keer.Beweeg jou linkerbeen en dan jou regtebeen regs en voorentoe.Klap jou hande weer.Draai om en spring agtertoe met jou arms voor jou soos jy iets wegstoot en bring jou arms weer af na jou middellyf.Nou kan jy met iemand dans en enige iets doen.Ons noem dit 'freestyle'.Jy kan hierdie dans doen by partytjies.

Die tiepe dans is meestal vir tieners.Daar is baie video's op die internet waar jy kan leer van hip hop dans en hulle demonsteer dit baie stadig vir mense wat wil leer 

Sunday, 2 June 2013

Die grootste oomblik in my lewe

Ek en duisende mense het vir die dag gewag waar een van die grootste musiek kunstenaars,Justin Bieber na Kaapstad toe gekom het.Toe ek opstaan het ek geglimlag.Ek het so gelukkig gevoel dat die dag waarvoor ek gewag het is uiteindelik hier.Ek het  net gedink aan die konsert vir maande en op die dag het ek die ure afgetel.Ek was so opgewonde om na die konsert toe te gaan.Toe ek en my vriende stadion toe gegaan het was dit baie vol.Die lyne by die ingang was verskriklik lank en dit was nog vroeg.Ek het so veel mense rondom my gesien ek het gedink ek sal verlore raak.Uiteindelik was dit my kans om in te stap.Ek het nie gewwet hoe om te voel nie,maar ek het onthou net dat een emosie wat uitgestaan het en dit was gelukkigheid.Die atmosfeer was ongelooflik.Daar was duisende mense reg om die stadion.Toe JB uitgestap het,het ons almal kliphard geskree.My keel was so seer,maar dit was die moeite werd.Ek het heel nag gedans en gesing.Ons het elke minuut geniet.Wanneer ek huistoe gegaan het was ek baie hartseer.Ek kon nie glo dat dit oor is nie.Dit het so gou gegaan.Ek wens dat ek daardie tyd oor kan leef.Dit was een van die grootste oomblike in my lewe.Justin Bieber sal altyd my gunsteling sanger wees.

Monday, 27 May 2013

Wie is ek?

Hallo lesers,ek is Madeehah Jardien.Ek is 'n 19 jaar oud meisie en ek woon in Kaapstad.Ek is die jongste kind en ook die enigste meisie in my familie.Ek het drie broers wat baie lief is vir my en ek vir hulle.My familie,veral my ouers is die belangrikste mense in my lewe,want hulle is altyd daar vir my.Ek hou daarvan om tyd te spandeer met hulle.My stokperdjies is om uit te gaan saam met my vriende,musiek na te luister en natuurlik dans en ook om fliek te gaan sien.Ek stel belang in baie ander dinge ook soos sport.Ek speel nie sport nie,maar ek geniet dit om te gaan kyk soos sokker en rugby.My gunsteling kos is hoender met geel ruis en hoender pasta.Ek kan dit baie lekker maak en ek stel ook belang in kook.My gunsteling sanger is Justin Bieber en ek hou van al sy musiek.Dit is ek! :)